top of page
  • Home
  • Facebook
  • IG icon
  • LN icon
  • X icon

Binne ’n uraanertsliggaam in ’n akwifer

  • Writer: SAUMA
    SAUMA
  • Apr 23
  • 1 min read

Updated: May 7


ree

Die ondergrondse waterdraersandstene in die Stampriet- artesiese kom bestaan uit afwisselende lae van groter en kleiner sandkorrels soos getoon in die meegaande skets waar dit sterk vergroot uitgebeeld word.


Die lae in die kom hel effens skuins na die suide, daarom vloei die water in die akwifere stadig suidwaarts. Alle suurstofryke grondwater bevat klein hoeveelhede opgeloste uraan. Deurdat dit deur ’n waterdraer vloei, bereik die water ’n chemiese grens waarteen die uraan nie meer oplosbaar is nie.


Oor baie miljoene jare begin dit stadig ’n dun laag (in rooi aangedui) op die individuele sandkorrels vorm. Die uraanneerslae aan die bokant van die hoofakwifer-sandsteen, die Auob-formasie, naby Leonardville, het op hierdie manier gevorm. Die uraan word ontgin deur ’n logingsoplossing in die poreuse ertsliggaam in te pomp. Aangesien dit stadig oor ’n tydperk van een tot twee maande deur die ertsliggaam vloei, los dit die uraan op. Hierdie vloeistof word dan na die verwerkingsaanleg op die oppervlak gepomp vir herwinning van die uraan.


Om hierdie artikel in Engels te lees, klik hier

Om hierdie artikel in Duits te lees, klik hier

 
 
 

1 Comment

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Pieter
Jun 09

Hoe gaan die drink water weer herwin word om drinkbaar te maak vir mens en dier. Wat is die kans vir besoedeling van onderaardse water tafel

Like
bottom of page